Erika Nöthnagel
Leonie Katzke
Die reeks het sy oorsprong in die behoefte aan ‘n alternatiewe Afrikaanse moedertaal program wat kleurvol, interaktief, opwindend en boeiend is, en wat terselfdertyd ‘n hoë standaard handhaaf. Hierdie kombinasie is gebruik om te verseker dat die reeks nie net voldoen aan die vereistes van skoolverlatersertifikate nie, maar dat dit kinders ook voorberei vir ‘n leeftyd van sukses in die tegnologie era waar kreatiwiteit, logiese redenasie en kritiese denke onontbeerlik is!
Die program is ontwikkel deur ‘n dinamiese tuisonderrig ma-en-dogter-span wat die reeks in 2016 begin ontwikkel het vir eie gebruik met die tuisskool van hul kinders en kleinkinders. Erika Nöthnagel en Leonie Katzke beskik gesamentlik oor dekades se ervaring in onderwys en tuisonderrig en het hul passie en ondervinding ingespan om ‘n opregte tuisgemaakte, wêreldklas taalprogram te ontwikkel vir alle Afrikaanse tuisskolers.