ToetenTaal gebruik Afrikaans om ons unieke land te verken en die wye wêreld te ontdek!
Sluit aan by die ToetenTaal-familie!
Leerareas soos geskiedenis, wiskunde en wetenskap het deesdae talle alternatiewe opsies wat leer genotvol vir beide ouers en kinders maak…
Genotvol vir ouers omdat daar geen voorbereiding nodig is nie, alles wat benodig word is kompak in een boek saamgevat, die formaat van die reeks maak dit geskik vir multivlak-leer, en met elke boek se vier uiteenlopende temas wat oor 32 lesse strek, sal self volwassenes iiets nuuts elke jaar leer!
Genotvol vir kinders omdat grammatika en taalleer elegant verweef word in die inhoud van interessante temas en dus word taalkonsepte op ‘n natuurlike en gemaklike manier bemeester, elke les ‘resep’ lyk anders en is nooit eentonig of voorspelbaar nie, en daar word nie elke dag taalleer gedoen nie, sodat daar tyd is om baie en gereeld stories te lees!
Die program is ontwikkel deur ‘n dinamiese tuisonderrig ma-en-dogter-span wat die reeks geskryf het vir hul eie kinders en kleinkinders (wat tans die reeks ook self gebruik).
1. Is ToetenTaal geakkrediteerby die Departement van Basiese Onderwys (DBO)?
Nuwe tuisskolers wil altyd weet of die program wat hulle vir tuisonderrig wil aanskaf wel ook deur die DBO geakkrediteer is. ToetenTaal is júís nie, en die redes is as volg:
ToetenTaal poog dus nie om onderskryf te word deur die DBO nie omdat dit reeds deur die tuisskoolgemeenskap bekragtig word.
2. Is die reeks ooreenkomstig met KABV (Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-verklaring)?
Die ToetenTaal-reeks dek ten volle alle komponente van die KABV vir Gr4 – Gr12, maar daar is wel ‘n beduidende verskil in die benadering hoe dit gedoen word. Die ingesteldheid is om met elke boek diep kennis van enkele konsepte op te doen totdat kennis van alle konsepte oor die verloop van die hele reeks (8 boeke) betekenisvol is (in teenstelling met wye maar oppervlakkige kennis wat elke jaar herhaal word).
3. Hoe weet ek watter boek om te kies?
Die reeks ontmoet kinders waar hulle is en daarom is die boeke nie gekoppel aan grade nie maar eerder aan ouderdom. Elke boek verwag ‘n klein bietjie meer inspanning as die vorige en daarom is dit beter om so naby aan die begin van die reeks te begin as moontlik. Gebruik die lesvoorbeelde en taalbegrippe om te bepaal waar in die reeks jou kind die beste baat sal vind.
4. Kan ek die boeke hergebruik?
Elke boek is omvattend en is dus ook ‘n werkboek waarin die kind skryf. Omdat meeste vrae en opdragte nie net een regte antwoord het nie, is elke kind se boek uniek en dit word meer as net ‘n werkboek: dit word ‘n versamelstuk van idees, konneksies en insigte waarna kinders gereeld terugverwys oor tyd.
Indien kinders nie toegelaat word om hul boek as ‘n werkboek te kan gebruik nie (hul antwoorde en idees word dus in ‘n aparte boek geskep sodat die boek hergebruik kan word), sal die konneksies wat gemaak word gedurende lesse, heeltemal ontkoppel word en die krag van hierdie waardevolle konneksies met kennis, sal verlore gaan omdat dit nie meer ‘n persoonlike ervaring is soos wat die intensie van die reeks is nie.
5. Kan ek een boek met meer as een ouderdom op dieselfde tyd doen?
Absoluut! Multivlak-leer is een van die groot doelwitte wat die reeks in gedagte het. Wanneer ‘n gesin saam leer maak dit nie net dinge vir die ouer makliker nie, maar sorg ook vir onvergeetlike familie herinneringe.
6. Wat anders moet ek nog by doen of koop vir Afrikaans 1ste taal?
Niks! Een ToetenTaal-boek per kind per jaar is al wat nodig is vir ‘n aansienlike, wesenlike en hoë standaard moedertaal opvoeding. Die boeke is omvattend en sluit absoluut alles in wat ouer en kind benodig. Elke boek voorsien ‘n lys van ouderdomstoepaslike titels vir fiksie en nie-fiksie. Dit is bloot voorstelle van stories wat gelees en voorgelees kan word om die literatuurgebaseerde benadering te komplimenteer.
7. Hoeveel tyd neem hierdie program op ‘n daaglikse basis?
Elke gesin en kind is uniek en bepaal self hoe lank aan ‘n les spandeer word, maar ‘n breë riglyn is soos volg:
8. Kan my kind onafhanklik werk?
Vanaf Boek 5 werk kinders grootendeels onafhanklik omdat dit ‘n vaardigheid is wat oor die vorige paar jaar ontwikkel behoort te word. Ouerbetrokkenheid word benodig en aangemoedig met Boek 1 – 4 en dit is juis gedurende hierdie stadium wat die vaardigheid ontwikkel om onafhanklik te kan leer.
9. Is daar ‘n ouergids vir leiding, en word antwoorde voorsien?
Elke boek is omvattend en bevat alles wat ouers nodig het. Geen voorbereiding is nodig nie en daar word ook nie van ouers verwag om “les te gee” nie. ‘n Kort nota en fokuspunt aan die begin van elke les word gegee om die stemming te skep. Die res van die les spreek die leser (kind) direk aan en vereis geen vorige kennis nie. Antwoorde op vrae waarop daar slegs een korrekte antwoord kan wees, verskyn in die antwoordblad.
10. Kan ek sien hoe die boeke binne lyk voor ek dit koop?
Gaan loer gerus na die lesvoorbeelde en inhoudsopgawe op die BOEKREEKS-skakel onder elke boek, asook ‘n opsomming van die taalbegrippe wat in die boek geleer sal word. Boeke sal ook by sommige tuisskool ekspos beskikbaar wees.
11. Kan ToetenTaal gebruik word as Afrikaans 2de taal?
Boek 1 aanvaar dat kinders reeds kan praat, lees en skryf in Afrikaans. Dit is nie ‘n klankeprogram nie en dit is nie ‘n program wat Engels-sprekendes kan gebruik om Afrikaans vir die eerste keer aan te leer nie. Dit kan wel deur Engelse of tweetalige gesinne gebruik word wat reeds Afrikaans magtig is. Cambridge en Edexcel het Afrikaans as 2de taal op IGCSE, A en AS vlakke. ToetenTaal is meer as voldoende om hierdie eksamens suksesvol af te kan lê.
12. Sal ToetenTaal my kind voorberei vir matriek?
Beslis! Die 8 boeke in die ToetenTaal-reeks is voldoende om enige van die skoolverlaterseksamens (Cambridge, Edexcel, Nasionale Sertifikaat, IEB) met sukses te slaag. Wanneer kinders die eerste 7 boeke voltooi het, bied Boek 8 ‘n oorsig/konsolidasie van die werk wat gedek is in vorige jare en wat nodig sal wees vir matriekdoeleindes. Nadat kinders Boek 8 voltooi het hoef hulle net eksamenvraestelle uit te werk en te bepaal watter letterkunde voorgeskryf is vir die relevante jaar sodat hulle spesifieke voorbereiding kan doen daarvoor. Let wel dat kinders nie net by Boek 8 in die reeks kan begin en dan dieselfde voorbereiding vir matriekdoeleindes kan verwag nie. Boek 8 is die laaste skakel in die ketting en sukses in enige matriekeksamen sal uiteindelik berus op toegeweide en omvattende voorbereiding oor die verloop van jare m.b.v. die vorige 7 boeke in die reeks, nie net Boek 8 nie.
13. Kan my boeke eerder gepos word of eerder met PAXI gestuur word (i.p.v. koerier) om geld te spaar?
As gevolg van die volume wat weekliks gestuur word is dit nie haalbaar om tyd af te staan hiervoor by die poskantoor of Pep nie. Koeriers word al hoe meer bekostigbaar en hul diens is flink en betroubaar. Aramex lewer landwyd binne 24uur af.
14. Hoe kan ek bestel?
Plaas jou bestelling aanlyn op die winkel blad.
Die geïntegeerde literatuurgebaseerde
taalprogram vir kinders tussen 9 – 16 jaar.