Shop
Showing all 6 results
-
Boek 1
R800.00 Add to cart -
Boek 2
R800.00 Add to cart -
Boek 3
R800.00 Add to cart -
Boek 4
R800.00 Add to cart -
Boek 5
R800.00 Add to cart -
Boek 6
R800.00 Add to cart
Winkel
Klik op ‘n boek om lesvoorbeelde uit elke tema asook die inhoudsopgawe te sien. Daar is ook ‘n opsomming van die taalbegrippe wat in die boek gedek word.
Die reeks ontmoet kinders waar hulle is en daarom is die boeke nie gekoppel aan grade nie maar eerder aan ouderdom. Elke boek vereis ‘n klein bietjie meer inspanning as die vorige en daarom is dit beter om so naby aan die begin van die reeks af te skop as moontlik.
Gebruik die lesvoorbeelde en taalbegrippe om te bepaal waar in die reeks jou kind se beste beginpunt sal wees.
Die formaat van hierdie boekreeks is van so aard dat min of geen voorbereiding vir ‘n gegewe les benodig word nie. Notas aan die begin van elke les verskaf ‘n riglyn aan die ouer en kinders wat tot ‘n redelike mate onafhanklik wil werk, sal vind dat dit met gemak gedoen kan word. Ouer betrokkenheid word wel sterk aangemoedig.
Kinders word dan ook aangemoedig om met absolute oorgawe die boek ‘n unieke verteenwoordiging van hul Afrikaanse reistog te maak, waar individualiteit helder en duidelik op die blaaie van hul spogboek pryk. Dit is ons hoop dat elke boek ‘n eenheid in die kind se versameling van verwysingswerke sal word, dat sy/haar ToetenTaal boekreeks ‘n versameling sal wees vir gebruik in die toekoms t.o.v. naslaan, verwys en bloot onthou.
Die gidse is omvattend en sluit deurgaans alle leesstof, voorstelle, riglyne en antwoorde in. Dit skep dus ‘n eevoudige, kompakte, gebruikersvriendelike en innemende platform vir daaglikse taalleer.
Boek 1 – 4 in die reeks bestaan uit vier studievelde (A – D), elk met 8 lesse, dus 32 lesse altesaam per boek. Boek 5 – 6 bestaan uit drie studievelde (A – C), elk met 8 lesse, dus 24 lesse altesaam per boek. Aangesien kinders unieke vordering in verskeie leerareas maak, word daar geensins voorgeskryf hoe lank ‘n les of studieveld moet neem nie. Kinders vorder teen hul eie pas, en in lyn met hul huislike omstandighede. Heelwat van die lesse sal meer as een week neem om te voltooi. Tesame met genoeg voorlesing is elke boek dus genoegsaam vir ten minste een jaar van studie, en kan gemaklik oor ‘n langer tydperk gebruik word indien dit so verkies word.
Bykomend tot die lesse in elke studieveld word daar aanbeveel dat ouers elke dag tyd maak om vir hul kinders hardop voor te lees (al kan hulle self lees!). Daar word selfs voorgestel om een dag per week eksklusief hieraan af te staan (in plaas daarvan om die program te gebruik op daardie dag) en derhalwe word ‘n boeklys met uitmuntende titels en outeurs saam met elke boek verskaf. Dit gee ‘n goeie idee van klassieke kinderliteratuur wat gepas is vir ‘n benadering wat in ToetenTaal Afrikaanse Taalkuns gevolg word. Hierdie (spesifieke) boeke is geensins verpligtend of van kardinale belang tot die sukses van die program nie, en word as ekstra lees-opsies gegee. Dit is wel ‘n integrale deel van die holistiese sukses van ‘n literatuurgebaseerde benadering om hierdie tipe leesstof in te span ten einde die voordele van hierdie leermetode te kan optimaliseer.
ToetenTaal Afrikaanse Taalkuns volg ‘n geïntegreerde benadering waar grammatika, spelling, woordsoorte, taalkonsepte, poësie, taalverskynsels, betekenisleer ens. nie in isolasie plaasvind nie, maar in samewerking met die lees-en skryfproses.
Gemiddelde afleweringstyd is 3-5 werksdae vandat ‘n bestelling geplaas word.
Daar is ‘n vaste prys vir vervoer- en verpakking ongeag hoeveel boeke gekoop word of waarheen dit gestuur word.