Boek 2

R800.00

Met ‘n geintegreerde literatuurgebaseerde benadering as basis, stel hierdie innoverende weergawe, Boek 2 van 8 in die Toetentaal Afrikaanse Taalkunsreeks, kinders in staat om met gemak en selfvertroue, en teen hul eie pas, die volgende te ontwikkel:

  • Spelling
  • Grammatika
  • Woordeskat
  • Taalkonsepte
  • Skryfstruktuur
  • Skryfstyl
  • Dinkvaardigheid
  • Poesie
  • Navorsing
  • Kreatiewe skryfwerk
  • Redenasie vaardigheid
  • Raamwerk beplanning
  • Interpretasie van tekste
  • Teksontleding en evaluering
  • Dialoog en onderhoudvoering
  • Gebruik van multimedia vir inligting

Sagteband:  302 bladsye
A4 volkleur
Ouer- en studentegids
R800.00 

Category:

Description

Boek 2 is gepas vir kinders van 10 – 12 jaar wat al gemaklik kan lees en skryf, en werklik hulself in die inhoud van literatuur kan verlekker, sonder om nog te veel aan klanke ensovoorts aandag hoef te gee om inhoud te kan begryp.  Hierdie tweede boek is die volgende skakel in die ToetenTaal-ketting van Afrikaanse kennis, en volg dieselfde trant as die eerste boek:  taalkonsepte word bekend gestel deur middel van aktuele onderwerpe, karakters en gebeure binne die kind se verwysingsraamwerk, en dan word dit op uiteenlopende maniere toegepas vir vaslegging.  Geen standaard ‘resep’ vir lesse word gevolg nie en elke studieveld se tema dikteer hoe konsepte ingeoefen word.

Kyk na die volgende lesvoorbeelde om te bepaal of hierdie boek geskik is vir u kind:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boek 2”

Your email address will not be published. Required fields are marked *