Boek 3

R800.00

Met ‘n geintegreerde literatuurgebaseerde benadering as basis, stel hierdie innoverende weergawe, Boek 3 van 8 in die Toetentaal Afrikaanse Taalkunsreeks, kinders in staat om met gemak en selfvertroue, en teen hul eie pas, die volgende te ontwikkel:

  • Spelling
  • Grammatika
  • Woordeskat
  • Taalkonsepte
  • Skryfstruktuur
  • Skryfstyl
  • Dinkvaardigheid
  • Poesie
  • Navorsing
  • Kreatiewe skryfwerk
  • Redenasie vaardigheid
  • Raamwerk beplanning
  • Interpretasie van tekste
  • Teksontleding en evaluering
  • Dialoog en onderhoudvoering
  • Gebruik van multimedia vir inligting

Sagteband:  263 bladsye
A4 volkleur
Ouer- en studentegids
R800.00

Category:

Description

Boek 3 is die laaste boek in die intermediêre fase en is gemik op kinders van 11 – 13 jarige ouderdom.  Hierdie weergawe in die ToetenTaal-ketting van Afrikaanse kennis berei die kind voor op wat hy/sy oor ‘n jaar of wat in die sekondêre fase te wagte kan wees – ‘n sprong wat so betekenisvol is soos die oorgang vanaf die grondslag- na intermediêre fase.  Kinders op hierdie vlak lê die konsepte vas wat in Boek 1 en 2 behandel is, en bou voort op kreatiewe skryfwerk en denkvaardigheid.
Die trant is steeds inneemlik, verrykend, avontuurlustig en kinders kry ‘n geleentheid om kennis te verdiep en belangstelling te ontdek deur middel van temas waarmee hulle moontlik al kennis gemaak het, maar deur ‘n heel nuwe en vars benadering.  Daar is weereens geen standaard ‘resep’ vir lesse nie en elke kind se unieke belangstelling bepaal hoe konsepte in elke studieveld vasgelê word.

Kyk na die volgende lesvoorbeelde om te bepaal of hierdie boek geskik is vir u kind:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boek 3”

Your email address will not be published. Required fields are marked *