Boek 4

R800.00

Met ‘n geintegreerde literatuurgebaseerde benadering as basis, stel hierdie innoverende weergawe, Boek 4 van 8 in die Toetentaal Afrikaanse Taalkunsreeks, kinders in staat om met gemak en selfvertroue, en teen hul eie pas, die volgende te ontwikkel:

  • Spelling
  • Grammatika
  • Woordeskat
  • Taalkonsepte
  • Skryfstruktuur
  • Skryfstyl
  • Dinkvaardigheid
  • Poesie
  • Navorsing
  • Kreatiewe skryfwerk
  • Redenasie vaardigheid
  • Raamwerk beplanning
  • Interpretasie van tekste
  • Lees en begrip van letterkunde
  • Teksontleding en evaluering
  • Dialoog en onderhoudvoering
  • Drama en ander vorme van kuns
  • Gebruik van multimedia vir inligting

Sagteband:  320 bladsye
A4 volkleur
Ouer- en studentegids
R800.00

Category:

Description

Boek 4 kondig die begin van die junior sekondêre fase aan en is gemik op kinders van 12 – 14 jaar oud.  Kinders wat in hierdie fase is behoort met gemak en vertroue alle tekste en literatuur self te kan aanpak, sonder die voorlees van die ouer.  Met voldoende en duidelike leiding in die boek (alhoewel ouerbetrokkenheid steeds sterk aangemoedig word), word kinders met hierdie weergawe in hul ToetenTaal-arsenaal toegerus om die eerste groot stappe te neem vir onafhanklike werk.

Hierdie fase behels heelwat meer skryfwerk as die vorige fase en die rede daarvoor is dat kinders deur hul werksaamhede in Boek 1-3 die vaardigheid geleer het om opinies te vorm en afleidings te maak. Hulle het dus nou baie om oor te skryf!  Boek 4 begelei kinders om hierdie opinies en afleidings toepaslik en effektief neer te pen, in verskeie formate.  Die inhoud van Boek 4 is meer volwasse en daag kinders uit om na die wêreld te kyk deur die oë van iemand wat ‘n impak kan hê daarop – ‘n deelnemer en nie meer net ‘n waarnemer nie.
Vorige temas het gespreek tot vermaaklikheid, kennisverwerwing, belangstelling en ontdekking.  Boek 4 wys vir kinders dat hulle deel is van ‘n groter samelewing, dat hul aksies ‘n impak het op hierdie samelewing (hetsy positief of negatief) en dat kennis hulle in staat stel om hierdie impak met verantwoordelikheid en insig te stuur.  Die trant van die boek is steeds informeel, gemaklik en visueel soos in vorige boeke, en dit bied oorgenoeg pitkos vir ‘n intellektuele fees!

Kyk na die volgende lesvoorbeelde om te bepaal of hierdie boek geskik is vir u kind:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boek 4”

Your email address will not be published. Required fields are marked *